Kerk 24/7 Netwerk

Om God te eer

 

Groepe / Groups

PDF Print E-mail

MICHAEL LINTNAAR    -    Musiekbediening

Michael is op Ceres gebore en het ook sy skoolopleiding daar ondergaan.

Gedurende 1995 het hy na Pretoria gegaan en by Christian Art and Music School vir ‘n jaar lank opleiding gekry, waarna hy ‘n dosent geword het en kitaarlesse begin gee het vir ‘n hele aantal jare.  Daar het hy saam met ander kunstenaars soos Lisbie Visser, Marie du Toit, Jans Jonker, Johan Scholtz, ens. gewerk.

Later het hy by Julius Magan aangesluit vir twee jaar waarin hulle deur die land getoer en opgetree het.  ‘n Hele paar van die lirieke op Julius Magan se eerste CD is ook deur Michael geskryf en getoonset.

Gedurende 1999 het hy as Lof en Aanbiddingsleier by Koinonia gemeente in George begin en het ook sanglesse begin aanbied.  Een van sy meer bekende studente was Thelma Jansen, een van die top tien finaliste in ons landswye Idols kompetisie.

Die gewilde: “The heart of man”, Michael se eerste CD, het gedurende 2004 die lig gesien en hy is ook tans besig met die samestelling van sy tweede CD.

Die afgelope 18 maande het hy reeds 5 keer op TV verskyn en is daar verskeie onderhoude met hom oor die radio gevoer.

Vanaf Mei 2006 is Michael voltyds betrokke by Kerk 24/7 waar hy die Praise en Worship leier is en ook regdeur George verskeie ander groepe per geleentheid help met hulle Worshipspanne.  Hy het ook al by geleentheid ‘n skoolkoor vir ‘n kompetisie afgerig en word gereeld gevra om as beoordelaar op te tree by verskillende sangkompetisies.

Sy innemende persoonlikheid maak hom baie gewild as gaskunstenaar by troues en spesiale geleenthede.

Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!
Morne Swart   |41.213.126.xxx |2009-07-01 08:51:51
Hi Mike. Ek verlang baie na julle. Groete by die huis. Geluk met die kind wat oppad is.

Liefde

Morne

3.25 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 

JomSocial Statistics

Statistics
Total Members : 75
Total Groups : 11
Total Discussion : 3
Total Albums : 12
Total Photos : 56
Total Videos : 31
Total Bulletins : 3
Total Activities : 500
Total Wall Posts : 61
Total Males : 1
Total Females : 0
Total Unspecified : 74