Kerk 24/7 Netwerk

Om God te eer

 

Groepe / Groups

PDF Print E-mail

WILLEM BOTHA   -   Didasko Bybelskool

Die hoof van die DIDASKO BYBELSKOOL,  Willem Botha, is ‘n gebore Vrystater wat ‘n draai gemaak het in Bloemfontein, Pretoria, Johannesburg en Stellenbosch, voordat hy en sy gesin hulle in 1998 op George gevestig het, waar die DIDASKO CHRISTELIKE OPLEIDINGSENTRUM  (bekend as die DIDASKO BYBELSKOOL) in 2000 sy deure geopen het.

Willem het aan die Vrystaatse Universiteit ‘n BA-graad en Hoër Onderwysdiploma behaal, maar hoewel onderwys altyd sy passie was, het hy eers 10 jaar as omroeper/regisseur agter die mikrofoon deurgebring by die (destydse) Afrikaanse Radiodiens van die SAUK, in Bloemfontein en Johannesburg.

Van 1988 tot 1991 het hy weer voltyds in die Teologie gaan studeer en die Diploma in Teologie verwerf aan die Aucklandparkse Teologiese Seminarium, wat die Teologie-fakulteit van die Johannesburgse Universiteit is. Na verdere studie behaal hy die B.Phil-graad in Bybelvaardighede (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy aan die einde van 2006 ook sy meestersgraad (M.Phil) in Bybeluitleg (Hermeneutiek) voltooi.

Willem het sewe jaar se gemeentelike bedieningservaring opgedoen as leraar in die AGS Stellenbosch-gemeente. Dit was egter by prediking, lering en die aanbied van Bybelskole waar sy passie gelê het – met die gevolg dat hy na die gesin se vestiging in George begin het met die aanbied van lesings oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe.  Dit was gou duidelik dat daar ‘n groot behoefte aan toerusting onder  lidmate van alle gemeentes en denominasies bestaan het, en in 2000 open die DIDASKO CHRISTELIKE OPLEIDINGSENTRUM sy deure met Willem as voltydse dosent.

DIDASKO BYBELSKOOL is ‘n bediening oor kerkgrense heen, met die doel om christene toe te rus, nie alleen vir persoonlike verryking nie, maar ook sodat hulle op hulle beurt die res van die liggaam van Christus kan bedien.

Willem is getroud met Mandi, self ‘n oud-Kovsie en tans redakteur van die plaaslike koerant, die George Herald.  Hulle het drie kinders:  Le Roy, ‘n musikant/kunstenaar wat by ‘n advertensiemaatskappy werk en getroud is met Amanda; Marco, ‘n student in Sportwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch, en ‘n dogter, Carla.

Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

3.25 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 

JomSocial Statistics

Statistics
Total Members : 75
Total Groups : 11
Total Discussion : 3
Total Albums : 12
Total Photos : 56
Total Videos : 31
Total Bulletins : 3
Total Activities : 500
Total Wall Posts : 61
Total Males : 1
Total Females : 0
Total Unspecified : 74