|
MARIUS POTGIETER - drmarius.com
-
Studeer teologie in Pretoria, Potchefstroom en Stellenbosch
-
Staan in ‘n gemeentelike bediening as predikant in vier gemeentes van die Ned Geref Kerk, nl. Schweizer-Reneke, Benoni-Noord, Selectionpark en Die Vleie. Tree af in 2003
-
Stigterslid van twee werkgroepe:
Dinamiese Gemeentebou (1979) wat toerustingsmateriaal en kursusse opgestel het wat later deur die hele Ned Geref Kerk gebruik is en
Gemeentevreugde (1994) wat hulle toegespits het op toerusting van gemeenteleiers en voorsiening van materiaal vir gebruik deur selgemeentes (selgroepe wat selfstandig maar onderling afhanklik van mekaar as klein gemeentetjies funksioneer)
-
Doen vir baie jare navorsing oor die kerk en behaal in 1986 ‘n doktorsgraad aan UNISA met ‘n tesis oor “Die Tempel van God” – ‘n kritiese beoordeling van die sakraliteit van die Kerkgebou
-
Bied aanvanklik gemeenteboukursusse in baie gemeentes aan. Later word kursusse in George en oral in die land aangebied om gemeenteleiers te help om die verhoudingskerk te verstaan en om gemeentes te verander van organisasies tot geloofsgemeenskappe, geloofsfamilies (Gemeentevreugde)
-
Studeer na aftrede in natuurlike genesing; word geregistreer as ‘n natuurlike genesingspraktisyn en begin ‘n bediening om mense te help om as totale mens gesond te word (Rafá)
-
Het sewe eie kinders en een aangenome kind met altesaam 9 kleinkinders.
Bediening
Marius se bediening het tans twee arms wat aan mekaar gekoppel is:
Daar word prakties aandag gegee aan ‘n veranderde leefwyse wat die liggaam met sy dieet, oefening en rus insluit asook die emosies en gehoorsaamheid aan God wat die natuurwette vir ons totale lewe neergelê het
-
-
-
Fokus op die genesingskrag van ‘n ondersteuningsnetwerk met hoë waardes. Mense wat in ‘n lewende verhouding met God en ‘n intieme verhouding met ‘n aantal mede-gelowiges lewe se kanse om siek te word is baie minder as ander mense; hulle word ook baie gouer gesond as mense wat nie so leef nie. God weet beter: Hy het die geloofsgesin of geloofsfamilie daargestel om gelowiges te help om as volle mense te groei in persoonlike- en geloofsvolwassenheid
-
Daar bestaan uitgewerkte kursusse (volle naweek of korter) wat albei hierdie lewensbelangrike onderwerpe op praktiese en bevatlike wyse aan gelowiges en ander belangstellendes kan oordra
|