Kerk 24/7 Netwerk

Om God te eer

 

Groepe / Groups

PDF Print E-mail

Japie Breedt   -  Kerk 24/7 Fellowship
Ek is in Krugersdorp gebore en het in Gauteng grootgeword en meeste van my skoolopleiding in Benoni ondergaan.  Op 16 jarige ouderdom het my vriend my saamgenooi na ‘n aanddiens in die A.G.S. Benoni waar ek my hart en lewe onvoorwaardelik aan die Here Jesus gegee het en Hy my persoonlike Saligmaker geword het. PRYS DIE HERE!

Die groot tieneraksie in daardie gemeente het vir my baie beteken aan die beginstadium van my lewe met die Here, en later het ek ook leier van hierdie groep geword wat totaal uitverkoop was aan Sy koninkryk.
Dit was ook daar waar ek vir Una ontmoet het en ons is in Oktober 1975 getroud.

Ek is deur die Weermag opgeroep na matriek en het by die staandemag aangesluit by die Lugmag in Pretoria waar ek dril- en l.o. Instrukteur was.  Gedurende hierdie byna 3 jaar, het die roeping van die Here op my lewe net sterker en sterker geword en het ek besluit om voltydse bediening toe te gaan.

In 1979 voltooi ek my Teologiese opleiding aan die Aucklandpark Teologiese Seminarium en begin met die voltydse bediening in die A.G.S. van S.A. waar ek verskeie gemeentes in Mpumalanga bedien het.  Gedurende hierdie tyd het ek ook as Jeugvoorsitter van die destydse Oos-Transvaal en later ook as Sekretaris van die Uitvoerende streekkomitee, gedien.

Gedurende November 1993 was ek in ‘n ernstige motorongeluk gewees en het twee jaar later my been as gevolg daarvan, verloor.  Dit was vir my ‘n baie moeilike aanpassing gewees, maar om die Here te ken en voluit vir Hom te leef, oorskadu elke moeilikheid en met Sy krag is daar oorwinning oor elke situasie.

In Augustus 2002 is ek deur Koinonia gemeente in George gevra om hier te kom bedien, waartydens die Here my al hoe meer en meer bewus gemaak het van ‘kerkwees, 24 uur ‘n dag, 7 dae ‘n week’.  Hy het dit sterk op my hart gelê om oor ‘kerkgrense’ heen brue te bou en my te beywer vir die eenheid van die kerk van Jesus Christus.  My vriendskap met Willem Badenhorst, wat toe nog leraar van die N.G. Moedergemeente in George was, het gegroei en ons gemeenskaplike gewaarwording, gevoel en visie oor die KERK van Jesus, ongeag die denominale grense, was verbasend eenders.

My frustrasie binne die modernistiese bestuurstyl van die tradisionele gemeente het my laat besef dat daar ‘n ander en vryer manier is waarop die Here wil hê dat ons Hom moet dien en vir Hom moet werk.  Nadat ek die Here ernstig gesoek het met vas en gebed, het Hy my op verskeie maniere gelei om uit die denominale struktuur te bedank.

Gedurende Februarie 2006 het ‘n groep van ons die Here ernstig gesoek en het Hy my duidelik gelei om die Kerk 24/7-beweging te begin.

Ek is tans besig met 'n meestersgraad (MTh) aan die Universiteit van Stellenbosch. My navorsing gaan oor die verandering van die kerk in 'n postmoderne omgewing met 'n gevallestudie oor die "kerk" in George.

 

Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!
Jan  - Die Gesondheidsgesin     |198.54.202.xxx |2010-01-20 20:00:52
Hallo Japie, ek sal dit waardeer as jy webskakels wil uitruil. Jy kan jou skakel en beskrywing direk by www.verslank.net insit, maar hoe werk kerk24/7 se webskakels?
Jovan  - HELLO     |41.145.64.xxx |2009-09-06 21:26:55
Hi Pastor, Hope all is well. Do you know where i can get a marriage seminar on DVD called laugh your way to a better marriage. It is by Mark Gungor. Myself and Thelma watched the whole seminar. It is excellent. I would like to buy it but cant seem to find it in SA?
Egon  - Groups in Durban?   |196.209.195.xxx |2009-07-30 06:33:20
Hello Japie,
We already meet on a very similar basis here in George. It is the only way.
A friend in Durban, Douw, asks me if you know of groups / Friends in Durban. He also does not find 'the truth' in his present church.
Regards
Peter

3.25 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 

JomSocial Statistics

Statistics
Total Members : 75
Total Groups : 11
Total Discussion : 3
Total Albums : 12
Total Photos : 56
Total Videos : 31
Total Bulletins : 3
Total Activities : 500
Total Wall Posts : 61
Total Males : 1
Total Females : 0
Total Unspecified : 74