Antwoorde
|
Lidmaatskap
Die vraag is of ek by die Kerk kan aansluit deur 'n lid te word van 'n gemeente of 'n denominasie? 'n Mens kan slegs 'n lid word van 'n klub of 'n organisasie, maar nie van die Kerk van Jesus Christus nie. Jou eenwording met Christus by wedergeboorte, maak jou 'n kind van God en dus deel van die kerk. (Joh. 1:12)
Christene se behoefte om te behoort, word vervul deur die wete dat hulle eerstens aan Christus behoort en daarna aan die geloofsgemeenskap in hul omgewing wat omgee en mekaar bystaan. Gelowiges 'fellowship' waar hulle gemaklik voel en vind 'n tuiste in 'n kleiner geloofsgesin; dit is 'n vrywillige assosiasie sonder mensgemaakte wette en bande.
|

|
|
Sakramente
Ons bedien nie die sakramente as blits-rituele in byeenkomste nie. Daar word aanbeveel dat die sakramente in geloofsgesinne en met familie gedeel word.
Nagmaal:
Alhoewel u aangemoedig word om gereeld nagmaal met u familie en geloofsgesin te deel, sal ons as geloofsgemeenskap ook gesamentlik “Jesusfeeste” hou waar nagmaal bedien sal word.
Kindertoewyding en Doop:
U is welkom om met ons hieroor te gesels. Ons sal u graag bystaan.
|
|
|
Finansies
Die maandelikse inkomste word aangewend om die begroting van hierdie bediening te laat klop waarna die res gesaai word in ander bedieninge en welsynsorganisasies. Die idee is nie om bates te versamel nie. Finansies vir die aankoop van noodsaaklike toerusting, saal- en kantoorhuur, salarisse en administratiewe kostes, is op hierdie stadium nodig om die bediening te finansier.
Daar was reeds maande waarin groot bedrae geskenk is, wat dan weer gebruik is om ander bedieninge en welsynsorganisasies te seen. Ons was ook bevoorreg om bv. vir kinders in nood, 'n spesiaal-geboude rolstoel, 'n doelgemaakte rugstut, 'n elektriese rolstoel, asook ander ondersteunende apparaat te kon aankoop om sodoende hul lewenskwaliteit te verhoog. Mag die Here ons help om nog baie ander, wat minder as ons bevoorreg is, ook te help.
Ingesluit is 'n artikel wat oor tiende en offerande handel. Jy's welkom om dit te lees.
|
|
|
Troues
Troues vind soos gewoonlik plaas. Japie Breedt en Willem Botha is by Binnelandse Sake geregistreer om huwelike te bevestig.
|
|
Begrafnisse
'n Begrafnis word as 'n afskeidsbyeenkoms gehou en die Geloofsgemeenskap het reeds met verskeie sulke geleenthede hul besondere meelewing en bystand bewys.
|
|
|
|
|