Kerk 24/7 Netwerk

Om God te eer

 

Groepe / Groups

Wat wil jy hê?
Discussion started by Gericke Potgieter , on 22 July 05:45 PM
Deur die jare het dit vir my duidelik geword dat besigheid vir baie mense 'n middel is om uit te kom by "wat ek wil hê". Henning het daaraan geraak in sy kommentaar op die muur vir diegene wat opgelet het.

Bybelse besigheid vra uiteraard na wat God wil hê en word dit 'n stuk gereedskap wat God aan ons gee om Sy wil uit te voer. Dit is dan ook so dat 'n besigheid wat op bybelse begisels werk, en een wat nie daarop werk nie, drasties verskillend lyk.

Let op dat ek nie verwys na besighede wat deur Christene bedryf word nie, ook nie na sogenaamde "Christelike besighede" nie. Inteendeel, soos baie ander is ek versigtig vir mense wat hulle Christenskap gebruik as 'n bemarkingsmiddel (bewustelik al dan nie). Nee, bybelse beginsels is ook natuurbeginsels (omdat God immers die natuur in Sy aard geskep het), en as sulks is dit beskikbaar vir enige iemand wat met oop oë rondloop.

Onbybelse besigheid het die volgende eienskappe:
- Dit het 'n uitgangspunt van skaarsheid
- Dit draai rondom aktiwiteite van opgaring
- Dit word gemotiveer deur vrees
- Mag (as die persoonlike vermoë om ander se aktiwiteit te beïnvloed) rus in gierigheid
- Die stelsels is gefokus op berging
- Waarde word bepaal in weerhouding
- Dit resulteer in skaarsheid
- Dit het 'n afbrekende effek in die mark wat dit bedien

'n Goeie voorbeeld van hierdie tipe besigheid is die oliebedryf. Ek het 'n ander dag gesels met 'n persoon wat in die bedryf werk (spesifiek in die soek van nuwe bronne) - die ou beweer toe dat daar genoeg olie is slegs in een van die areas wat hy gevind het om die groeiende mensdom nog honderde jare te hou. Die oliebedryf (uit gierigheid) manipuleer egter die markte wat pryse deur middel van vals skaarsheid opwaarts druk. Let bietjie op hoe gefokus die ouens is op berging en watter effek hulle in hulle markte het (besoedeling, vergiftiging...)

Bybelse besigheid het die volgende eienskappe:

- Dit het 'n uitgangspunt van oorvloed
- Dit draai rondom aktiwiteite van mededeelsaamheid
- Dit word gemotiveer deur vryheid
- Mag rus in onbaatsugtigheid
- Die stelsels is gefokus op produktiwiteit
- Waarde word bepaal deur vloei
- Dit resulteer in oorvloed
- Dit het 'n opbouende effek in die mark wat dit bedien

'n Bybelse besigheid vrees nie skaarste nie, want deur gehoorsaamheid sal die Vader die regte bronne vir die beste resultate uitwys. Hoe lyk jou besigheid?
Replies
You will need to be a Friend of this group first before you can post a reply.
Content View Hits : 7525

JomSocial Statistics

Statistics
Total Members : 75
Total Groups : 11
Total Discussion : 3
Total Albums : 12
Total Photos : 56
Total Videos : 31
Total Bulletins : 3
Total Activities : 500
Total Wall Posts : 61
Total Males : 1
Total Females : 0
Total Unspecified : 74