Kerk 24/7 Netwerk

Om God te eer

 

Groepe / Groups

Skuld
Discussion started by Gericke Potgieter , on 16 June 10:42 AM
Een van die grootste probleme wat besighede en individue in die gesig staar is finansiële skuld. Ek reken dat ons selgs seën in besigheid kan ervaar as ons in lyn kom met die natuurwet wat God daar gestel het naamlik dat slegs Hy iets uit niks uit kan maak en dat ons die binne die natuur slegs kan saai en maai. As ons met skuld saai, wat gaan ons dan maai?

Ek weet nie of julle dit besef nie, maar banke "skep" geld wanneer hulle lenings of krediet toeken. Die geld bestaan niks verder as 'n inskrywing op hulle boeke nie. Buiten die regering wat geld produseer is banke die enigste instansie wat hier mag het om waarde uit niks uit te skep.

In my persoonlike wedervaringe besef ek net al hoe meer dat skuld, met geld of andersins, iets van die bose is. Ek het onlangs begin kyk na hoe mens prakties skuld in besighede kan hanteer, maar ek sal graag wil hoor hoe enige ander mense maak.
Replies
You will need to be a Friend of this group first before you can post a reply.
Heidi Naude
Lynette, Dit is heerlik om besighede en mense by te staan wat gehelp wil word! Dankie!

Ek is so opgewonde oor die deure wat God vir mense oopmaak! Verhoudings word herstel, nuwe lewe word in huwelike geblaas, kinders se ouerhuise word heel gehou, broodwinners sien nuwe geleenthede raak en God se naam word vereer!

Wednesday, 07 April 2010 19:02
 
Lynette Neethling
Ek wil hierdeur eerstens vir Heidi bedank vir haar ongelooflike bystand en hulp die afgelope 8 maande. Ek onthou nog dat, terwyl ek besig was om hierdie blad te lees, sy haar telefoon nommer geplaas het en ek glo en weet dit was Vader wat haar gelei het om dit juis op daardie minuut te doen. Sy het by ons ingespring toe dit vir my gevoel het dat ons eintlik lankal moes toemaak en nou is ons besigheid in God se hande en alles is georden en onder beheer - ja selfs die skuld. En ons beleef God se wonderwerkende krag op 'n daaglikse basis!

Ons weet almal dat daar 'n stadium was wat baie mense hulle werk verloor het as gevolg van dinge buite beheer, en meeste mense het gegryp na 'n strooihalmpie om selfversorgend te wees. En baie van hulle is Christen manne en vroue. Ek dink nie dat die gemiddelde gesinsman wat in so 'n situasie beland (het), tyd het vir speletjies speel om te kyk of hy nie dalk 50c kan verander in R1000 terwyl daar 'n inkomste van sê R6000 per maand nodig is nie. Daar is sekere uitgawes wat nie weggaan wanneer die inkomste wegval nie. Ek glo dat 'n man wat sy sout werd is in elk geval alles in die stryd sal werp om in sy gesin se behoeftes te voorsien. Daar is ongelukkig min besigheids eienaars (selfs opregte Christene) wat werklik die noodsaaklike kennis het om 'n besigheid suksesvol en volgens die Woord te bestuur.

Ek het so 'n maand of wat gelede 'n wonderlike 2 dae spandeer by die Christian Business Seminar wat in die Burgersentrum aangebied is. Interessante goed geleer en begin toepas. Die aanbieders het 'n magdom goed met ons gedeel maar daar is 3 vrae wat vir my duidelik aangeraak het: 1. Ek vertrou God maar kan God my vertrou? Anders gestel: Is ek eerlik in my besigheids bestuur? 2. Gee ek my 10des ook van my besigheid? 3. Dra my boekhouer / ouditeur my besigheid se belange op die hart. Met ander woorde, vertrou ek dat hy genoeg van my besigheid weet om my die regte raad te gee en doen hy dit?

Wat ek eintlik wil sê is dat indien jy hier lees en moedeloos voel, moenie gaan lê nie. Dit is waar dat skuld jou hele lewe kan oorneem, maar daar is hulp in die vorm van mense wat omgee en 'n verskil wil en kan maak. Dit is 'n lang proses maar dit is moontlik. Moenie wag totdat dit te laat is net omdat jy skaam is daaroor nie. Dit is feite en hoe gouer jy met die feite deel hoe gouer gaan dit begin beter gaan.

Daar is nog 'n lang pad voor maar dit het vir ons gewerk en dit sal ook vir jou werk.

Lynette Neethling
Tuesday, 30 March 2010 14:31
 
Gericke Potgieter
Jammer ek het so lank gevat om te antwoord - ek was onder die indruk dat die stelsel my van terugvoering sou laat weet!

Ek ag enige vorm van lening of krediet skuld, insluitende kapitale skuld. Ek het onlangs 'n speletjie begin speel waar ek 'n besigheid begin het met 50c - ek het binne 'n maand ongeveer R1000 gemaak sonder skuld. Nou is ek besig om daardie R1000 aan te wend vir verdere besigheid. My ervaring het my geleer dat ons baie keer besighede begin uit nood eerder as wil, en dit is dan dat ons in die strik trap om met skuld te begin omdat ons glo dat ons nie anders kan nie.

Heidi - baie dankie vir jou insette. Ek hoop dat mense hulle pad na jou sal vind sodat ons saam kan werk aan hierdie skuld storie.

Heno - ja, sinoniem. Die interessante van die geldstelsel 9waarvan banke die groter deel uitmaak) is dat sedert die "floating system" van valuta in die 70tiger jare aanvaar is daar nie meer materiële bates aan papiergeld gekoppel word nie. Muntgeld het in baie gevalle nog 'n "silwer" waarde. Maar in enige geval is banke volgens wet slegs verplig om gemiddeld tussen 4% en 20% (afhangende van die betrokke landswet)van hulle boeke se kontant moet aanhou. Die res is sonder bate of fisiese borg.

Henning - ek stem 100% saam. Tussen hakies, ek het formuleer sulke strategieë vir diegene wat gewillig is om dit toe te pas. Dit is uiters interessant om te sien hoe een besigheid se proses van 'n ander verskil. Soos Heidi sal weet is die onderliggende beginsels egter standaard.
Wednesday, 22 July 2009 17:24
 
Heidi Naude
0828893459 Vir enigeen wat konfidensieel wil gesels oor persoonlike finansiele krisis.
Monday, 06 July 2009 12:46
 
Heidi Naude
Beste Gericke

In my hoedagheid as geregistreerde skuldberader, sien ek daagliks die wreedheid en hartseer wat in ons land heers as gevolg van skuld (soms agv Krediteure se toedoen, maar ongelukkig soms agv Verbruikers self......).

Ons is nietemin in 'n bevoorregte posisie dat daar wel uitkoms gebied word vir 1000de, die ongeluk is dat nie almal weet waar om hierdie hulp te gaan soek nie, en wag totdat dit baiekeer te laat is.

Soos met so baie situasies kan die blaam altyd op baie partye geplaas word, maar ek verkies om te fokus op die "lifeline" wat uitgegooi is in die vorm van skuldberading wat tot groot voordeel van die Verbruiker aangewend kan word. Gedurende hierdie proses fokus ons ook op die "opvoedingstaak" waar nodig, om te probeer verseker dat Verbruikers nie weer in dieselfde posisie beland nie, juis omdat min mense kan bekostig om bv. eiendom kontant te koop.

Monday, 06 July 2009 12:42
 
Una Breedt
Sou julle 'kapitale skuld' ook onder skuld klassifiseer? Ek wonder maar net hoeveel mense genoeg kontant het om hul eie huis of plaas te koop. ?
Tuesday, 30 June 2009 13:53
 
Heno
Word die begrippe skuld en lening vir die doeleinde van die gesprek as sinoniem beskou?
Hoe pas die reserwes en bates wat banke in plek moet hê in verhouding tot geld wat uitgeleen word aan by die stelling dat banke geld skep?
Ek sal baie graag aan die gesprek wil deelneem van daar die vrae om meer duidelikheid en om aannames rakende die probleemstelling te vermy.
Monday, 29 June 2009 12:31
 
Henning
Om skuld temaak is om jou vertroue in iets anders as God teplaas. Die vraag wat ons moet vra is; wie is jou voorsiener en vertrou jy hom? In besigheid gaan dit ook hoe sien jy jou self; as die eienaar of rentmeester van die besigheid. Nou gaan dit ook oor wat my motiewe (1 Tim 6:9-10) is in die besigheid, "keep up with the Joneses", want hoe ek my besigheid hanteer (geld) is n' refleksie van hoe my verhouding met God is. Nou uit n westerse kultuur gesien is dit hond eet hond in die besigheids wêreld. Wat is die woord gefundeerde besigheid se doel, evangelie, disiepelskap, God se werk uittebrei, voorsien aan jou gesin en vergoeding vir die einaar (jouself).

So as ons uit n' suiwere bybelse punt gaan kyk is jou besigheid nie joune nie, dit is God sin en as jy skuld maak waar plaas jy jou vertroue in God of mammon. Nou as jy alreeds in jou besigheid in skuld is en jy besef die besigheid is nie joune nie maar God sin, jy is net die rentmeester, sal God jou die strategie gee om daar uit tekom. Kry manne om jou teenoor wie jy "accountable" is en soek God se aangesig as begin vir strategie.

Tuesday, 23 June 2009 03:02
 
Content View Hits : 7521

JomSocial Statistics

Statistics
Total Members : 75
Total Groups : 11
Total Discussion : 3
Total Albums : 12
Total Photos : 56
Total Videos : 31
Total Bulletins : 3
Total Activities : 500
Total Wall Posts : 61
Total Males : 1
Total Females : 0
Total Unspecified : 74